top of page
Search

Gesprek met die Tiptol

Writer's picture: The 6 Bear JourneyThe 6 Bear Journey

Updated: Aug 31, 2022




Die Tiptol vlieg tot binne die tent en kyk nuuskierig rond. Hy draai sy kop asof om te sê: "Ek ken die glorie van God! Ek sing elke dag daarvan. As jy maar net kon verstaan."


Genesis 1:21 God het al die gevleuelde voëls volgens hul soort geskape en God het gesien dat dit goed was (Afr 33/53 vertaling, Klem my eie).

"My gesing roep uit na God en dit bring Hom eer. Dit weergalm die bestaan van God - kan jy dit hoor?" Hy wip sy stert vrolik op en af. Dan eweskielik vlieg hy op tot binne in die karavaan. "Ek bevrees nie om die onbekende in te gaan nie, want ek weet ek is in die hand van my Skepper. Waarom verhard jy jou hart so, o mensdom?"


Tjoef, tjaf, in 'n raptrap ontsnap die Tiptol deur die oop dak venster. Ellie skril in opgewondenheid oor die voëltjie in die karavaan. Hy land al te trots in die boom op 'n tak. Tussen die blare deur pronk hy met sy geel agterstewe met 'n kyk wat sê: "Ek het jou mos gesê!"


Romeine 1:20 Want Sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in Sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik Sy ewige krag en Goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie (Afr33/53 vertaling).

My binneste bons om saam met die natuur God se almag uit te straal. Die natuur laat dit so maklik en eenvoudig blyk.


Psalm 42:7-9 O my God, my siel buig hom neer in my. Die vloed roep by die gedruis van U waterstrome en U golwe het oor my heengegaan. Maar die Here sal oordag Sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal Sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe (Afr. 33/53 vertaling, klem my eie).

Die Swartoogtiptol is baie sosiaal en roep baie, selfs bietjie raserig. 'n Opvallende voëltjie wat rusteloos is en in groepe voorkom. Hul eet sade, vrugte en insekte. Hul is ook vinnige vlieënde voëltjis (Sasol 300 maklike sigbare voëls in Suider-Afrika, 2015, bl.103).



* Spesiaal vir Mamma in Afrikaans en Charlene wat so lief is vir voëltjies.

36 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


Post: Blog2_Post

Subscribe Form

Thanks for submitting!

  • Facebook

©2020 by Cosmos in the wind. Proudly created with Wix.com

bottom of page