top of page
Search

As dennebome praat

Writer's picture: The 6 Bear JourneyThe 6 Bear Journey


Kondig hul sagkens die die koms van winter aan.

Dan tuimel hul dennebolle na die grond,

want die bestuiwing proses is voltooi.


Sal dit vrug oplewer?

Wie ore het om te hoor, laat hom hoor!


Soos die wind deur die naalde tokkel, hoor jy die sang van huimwee.

Sonder die wind sou ons nie die Denneboom kon hoor praat nie.


Vroeë oggend hoor jy die kloppende gesuis.

Met skemer hoor jy die huilende klank.

Duisternis kom! Het jy olie in jou lamp?


As dennebome praat, verklap hul geheimenisse.

Dit wat die grond uitroep teen die mens as getuie.

Hoor jy? Is jy in belydenis?


As dennebome dans, bring dit die belofte dat somer kom.

Dan gooi hy sy dooie naalde af.

Is jy wakker vir tye en seisoene?

Sal jy volhard tot die einde toe?

61 views0 comments

Recent Posts

See All

コメント


Post: Blog2_Post

Subscribe Form

Thanks for submitting!

  • Facebook

©2020 by Cosmos in the wind. Proudly created with Wix.com

bottom of page